Kweek u eie Aarbeie

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Aarbeie

Aarbeie dra baie gou vrugte, wat dit ’n wonderlike keuse vir beginnertuiniers maak. U kan verwag om u eerste aarbeie ses tot tien maande ná aanplanting te oes. Daarby kan u wanneer u plante gevestig is, die uitlopers gebruik om elke seisoen nuwe aarbeiplante te plant.

Stap vir stap gids om u eie aarbeie te kweek :

  • Kies ’n sonnige plek in u tuin met grond wat goed dreineer en voldoende beskutting teen die wind (as die plek die winderig is, sal insekte nie u plante kan bestuif nie).
  • Berei die grond vooraf voor deur baie kompos en twee handevol beenmeel per vierkante meter in te werk.
  • Plant aarbeiplante 30 cm van mekaar op dieselfde diepte as wat dit in die pot was waarin u dit gekoop het.
  • Gee u aarbeiplante gereeld water, maar maak seker die grond is nooit deurdrenk nie, want dit kan tot swamsiektes lei.
  • Sodra u vrugte sien ontwikkel, bedek die grond om die plante met strooi of swart plastiekvelle. Dit voorkom dat die vrugte direk op die grond lê, wat dit laat verrot. As u plastiek gebruik, onthou om klein dreineringsgate in die plastiek te maak sodat die water nie bo-op lê nie.
  • U sal sien wanneer u aarbeie gereed is om geoes te word – dit sal so ’n pragtige, helderrooi kleur hê dat u nie die versoeking sal kan weerstaan om dit te pluk nie.

Het u geweet? – Aarbeie is al vrugte wat hul sade aan die buitekant van die vrug voortbring.