Pragtige Katjiepiering

divider

DIY and how-to

A close-up shot of a single white gardenia flower with soft, layered petals against a dark background of green foliage.

Pragtige Katjiepiering

Met hul soetruikende wit blomme is katjiepierings die ideale blomme vir u patio op ’n someraand. Die ligte kleur van die blomme maak hulle saans opsigtelik en hul wonderlike geur verleen atmosfeer wanneer u buite onthaal. Dié immergroen struike het donker, blink blare en vaar die beste op ’n plek waar hulle oggendson en middagskadu kry. As hulle goed versorg word, sal hulle van die lente tot in die herfs blom.

Hier is ’n paar wenke om u katjiepierings in topvorm te help hou :

  • Katjiepierings hou van ryk, goed gekomposteerde grond. Voeg ruim hoeveelhede beenmeel en kompos by wanneer geplant word om gesonde wortelvorming en goeie dreinering te verseker.
  • Hou die grond klam, maar maak seker dit is nooit papnat nie, want katjiepierings kan nie verdra om in poele water te staan nie.
  • Voed u katjiepieringplante in die lente met 3:1:5-kunsmis en voed weer in die laatsomer. Gee die grond ’n deklaag van dennenaalde of basstukkies – dit verseker effens suurderige grond waarin katjiepierings gedy.
  • As u katjiepiering tekens van ’n swamsiekte toon (swart kolle op blare), bespuit met Oleum of Malathion.
  • Blare wat vergeel, kan ’n teken wees van ’n magnesiumtekort. Voed u plante met Engelse sout of Trelmix. As die blare egter geel bly en aanhoudend afval, is dit ’n teken dat u die plant moontlik te veel water gee.

Het u geweet – Daar is 142 spesies van die katjiepiering en almal is lede van die koffiefamilie. Moet dit net nie probeer drink nie!

Shop online

divider