Perfekte Plante vir Kustuine
DIY and how-to
Perfekte Plante vir Kustuine
Tuine aan die kus bied unieke uitdagings, maar deur die regte plante te kies, kan u met sukses in dié toestande tuin maak. Die grootste probleme waarmee tuiniers by die see te kampe het, is sterk wind, soutagtige lug en sanderige grond. Hier is ’n paar idees vir plante wat goed vaar in dié toestande.
Plante vir sterk wind – Kyk uit vir immergroen bome en struike met dik, harde, blink of naaldagtige blare, wat nie so maklik deur die wind beskadig kan word nie. Dit is ’n goeie plan om ’n windskerm op die grenslyne van u tuin aan die kante waarvandaan die meeste wind kom, te vestig. Wanneer u grensbome kies, kyk uit vir daardie variëteite wat uiters windbestand is, soos die wilde olyf en wit melkhout. Ander plante wat ook goed vaar in sterk wind is proteas, aalwyne, wilde roosmaryn, wit bottelborsel, rhus crenata en pittosporum crassifolium.
Sanderige grond – Werk kompos in die grond in en u sal sukses met die meeste inheemse plante hê. Wees veral op die uitkyk vir plante met sterk, leeragtige of naaldagtige blare. Hou die grond klam deur vogbehoudende korrels in tuinbeddings en potte in te werk en bedek beddings met ’n deklaag van klippies of dennebas. Vir struike wat goed in sanderige grond groei, kyk na gousblomme, gazanias, plumbago, poublom en scabiosa.
Soutweerstandige plante – Die soutagtige lug van kusgebiede kan sekere plante brand, dus is dit belangrik om u plante wys te kies. Kyk uit vir plante met harige blare, aangesien die hare help om die sout van die oppervlak van die blare weg te hou. Struike met wasagtige, blink blare is ook minder vatbaar vir soutbrand. Voorbeelde van bome en struike wat goed in soutagtige lug vaar, is brachylaena discolor (bosvaalbos), wildepruim, sout-en-peperboom, kamferbos, bottelborsel, laventel, plectranthus en osteospermum.
You might also like
Shop online
-
- Sale!
BLUEBERRY SHARP TREE
- Original price was: R329.99.R164.99Current price is: R164.99.
- Add to cart Learn More