Oorwin in die Oorlog teen Onkruid

divider

DIY and how-to

Oorwin in die Oorlog teen Onkruid

Onkruid – die frustrasie in elke tuinier se lewe. Dit kan doeltreffend uitgetrek word, maar verg baie tyd. Maar wat anders kan u doen om van onkruid in u tuin ontslae te raak?

Ons het ’n paar maklike maniere om onkruid dood te maak :

Vir onkruid wat in plaveisel of langs die pad groei – Giet kookwater direk op die onkruid in die middel van die dag (hoe warmer die dag, hoe beter). Dit sal gou verwelk en doodgaan. As dit nie volkome slaag nie, wend ’n nie-spesifieke onkruiddoder soos Round-up op die onkruid aan op ’n sonnige, windlose dag.

Vir onkruid in u grasperk – Gebruik ’n spesifieke breëblaaronkruiddoder soos Hormoban of Banweed. Dié onkruiddoders kan direk op die onkruid in u grasperk aangewend word sonder om die gras te beskadig (dit sal net breëblaarplante doodmaak).

Vir grasagtige onkruid wat in u tuinbeddings groei – Gebruik ’n spesifieke smalblaaronkruiddoder wat spesiaal vir grasagtige onkruid vervaardig is, soos Agil 100 EC. Dit kan in tuinbeddings gebruik word sonder die gevaar dat breëblaarplante doodgemaak kan word.

Om te verhoed dat nuwe onkruid in ’n onkruidvrye tuinbedding groei – Gebruik ’n vooropkomende onkruiddoder soos Snapshot 2.5 G. Dié hoofbestanddele voorkom dat onkruidsaad ontkiem deur ’n versperring op die grondvlak te skep. Dit is vir ongeveer ses maande effektief en moet dan weer aangewend word.

Shop online

divider