Maak u eie Kompos
DIY and how-to
Maak u eie Kompos
Dis makliker om u eie kompos te maak as wat u dink. Dit is regtig ’n goedvoel-oefening – u spaar geld en gebruik baie van die afval wat u andersins sou weggegooi het.
So doen u dit :
- Maak organiese materiaal uit u tuin en kombuis by mekaar. Geskikte tuinmateriaal sluit in blare, gras, onkruid, droë takke en vere van diere. Geskikte kombuismateriaal sluit in vrugte, groente, teesakkies, koffiemoer, koerantpapier, houtas en mis van diere.
- Kies ’n beskutte skaduplek vir u komposhoop en berei ’n “bed” voor vir die hoop deur ’n laag takke en fyn takkies op die grond neer te sit om dreinering en lugsirkulasie toe te laat.
- Sny al die materiaal in klein stukkies en pak dit in lae van 20 cm op die hoop, die droë en nat materiaal om die beurt gebruik.
- As dit u eerste komposhoop is, moet u ’n komposaktiveerder op elke laag sprinkel om die verrottingsproses aan die gang te kry. As u eers u eie kompos het, kan u bestaande kompos gebruik om ’n nuwe hoop te aktiveer.
- U kompos behoort binne 4 tot 5 maande gereed te wees, net betyds vir u lente- en someraanplanting.
You might also like
Shop online
-
HEALTH FIT 32 2KG
- R413.99
- Add to cart Learn More
-
STODELS GLOVES
- R39.99
- Add to cart Learn More
-
- Sale!
DOUBLE GROW COMPOST 15DM/20DM/30DM
- Price range: R23.99 through R35.19
- Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page Learn More



