Kweek u eie Botterskorsie
Kitchen gardening
Kweek u eie Botterskorsie
Botterskorsie is ’n aantreklike gewas wat massas welige blare en mooi geel blomme voortbring. Dit het redelik baie plek nodig om te groei, maar u hoef net een of twee botterskorsieplante te plant om vir ’n gesin van vier kos te gee.
Stap vir stap gids hoe om u eie botterskorsie te kweek
- Botterskorsie groei die beste op ’n sonnige plek in die tuin in vrugbare grond. Verryk die grond met baie kompos voordat u plant.
 - Saai botterskorsiesaad direk in die grond, omtrent 1 cm diep. Gee gereeld water om die grond klam te hou.
 - Ontkieming geskied binne 5-7 dae en die eerste blomme verskyn omtrent 6 weke later. ’n Deklaag soos strooi of basstukkies sal help om die blare en groente wat ontwikkel, van die grond af te hou.
 - Lei die groeiende takke teen ’n latnetwerk of muur op en knyp die groeipunte terug om die ontwikkeling van sylote waaraan die botterskorsies gedra gaan word, aan te moedig.
 - Nadat ’n hele aantal skorsies aan die plant gevorm het, knyp enige oorblywende blomme uit om te verseker die plant gebruik al sy energie vir die ontwikkeling van die skorsies.
 - Botterskorsies is gereed om geoes te word omtrent 100 dae nadat dit gesaai is, wanneer die skil nie meer blink nie.
 - Laat altyd ’n stingel van omtrent 5 cm aan wanneer ’n botterskorsie gepluk word om te voorkom dat swamvrot by die bopunt ontwikkel wanneer dit geberg word.
 
Het u geweet? Botterskorsie is ’n kragtige voedingsbron: dit bevat groot hoeveelhede vitamine A, C en E, sowel as mangaan, magnesium en kalium.
You might also like
Shop online
- 
	
ORCHID SOIL 5L
- R159.99
 - Add to cart Learn More
 
 - 
	
- Sale!
 JACK RUSSELL ADULT 1.5KG, 3KG OR 7.5KG
- Price range: R295.19 through R1,050.29
 - Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page Learn More
 
 



