Kweek u eie Blomkool
Kitchen gardening

Kweek u eie Blomkool
Februarie en Maart is die beste maande om blomkoolsaad te saai. Die groente neem ’n tydjie om te groei (dit kan vier maande nadat dit gesaai is, geoes word), maar die wag is die moeite werd om vars blomkoolkoppe buite in u tuin te hê.
Stap vir stap gids hoe om u eie blomkool te kweek :
- Kies ’n koel plek in u tuin wat oggendson en middagskadu kry.
- Blomkool groei die beste in baie vrugbare grond wat verryk is met kompos en 2:3:2.
- Saai blomkoolsaad 1 cm diep en 50 cm van mekaar, aangesien die plante aansienlik uitsprei soos dit groei. U kan elke twee weke ’n nuwe klompie saad saai tot die einde van Maart.
- Wanneer die saailinge verskyn, werk die grond om hulle op om te keer dat hulle omval.
- Maak u saailinge gereeld nat en voed elke twee weke met ’n vloeibare of korrelmisstof.
- Beskerm u kwesbare saailinge teen insekplae deur ’n “kraag” van ’n stukkie afgeknipte karton van die binnekant van ’n toiletrol om elke saailing te sit.
- Blomkool kan vier maande nadat dit gesaai is, geoes word wanneer hul koppe ferm en rond is. Gebruik ’n skerp mes en sny die kop af saam met ’n omringende laag blare.
Het u geweet? Honderde variëteite blomkool word wêreldwyd geëet en is beskikbaar in wit, oranje, groen en pers kultivars.
You might also like
Shop online
-
- Sale!
PELARGONIUM MULTIBLOOM 15CM
- Original price was: R89.99.R71.99Current price is: R71.99.
- Add to cart Learn More
-
LANDSCAPERS CHOICE POTTING SOIL 15DM/30DM
- Price range: R39.99 through R54.99
- Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page Learn More
-
PLASTIC SAUCER GREY 14CM – 35CM
- Price range: R7.99 through R59.99
- Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page Learn More