Kruie – Laventel

divider

DIY and how-to

Laventel

Elke tuin behoort ’n laventelbos te hê – dit is maklik om te kweek, het min water nodig en is ongelooflik bevredigend. Maar het u geweet laventel kan geëet word? Lees verder om meer oor dié veelsydige kruisoort uit te vind.

Plantwenke :

  • Wanneer u laventel plant, kies ’n sonnige plek met grond wat goed dreineer. U kan die dreinering van swaar kleigrond verbeter deur riviersand en kompos in te werk. Laventel groei ook goed in potte waarin potplantgrond van ’n goeie gehalte is.
  • Plant laventelbosse ongeveer een meter van mekaar om vir groei toe te laat. As dit te na aan mekaar geplant word, is dit vatbaar vir swamsiektes weens swak lugsirkulasie.
  • Snoei laventel terug nadat dit geblom het om te voorkom dat die bosse yl en houtagtig raak.

Gebruike :

  • Hang bosse laventel op om droog te word in ’n donker, droë plek. Wanneer dit droog is, kan u dit in potpourri gebruik, in die vuurmaakplek gooi vir ’n heerlike reuk of sakkies van die gedroogte blomme in u kaste sit om motte uit te hou.
  • Laventel is ’n pragtige versiering vir koeke en nageregte, maar u kan ook gedroogte laventelblomblaartjies by u koekmengsel voeg. Die geur van laventel smelt baie lekker saam met sjokolade.
  • Sukkel u om te slaap? Sit ’n vaas met laventel in u slaapkamer. Die geur van laventel het ’n kalmerende en ontspannende uitwerking.

Shop online

divider