Kleurryke Hangende Tuintjies

divider

DIY and how-to

A selection of plants in hanging baskets against a grey background.

Kleurryke Hangende Tuintjies

Elke jaar, so hier in die laatherfs, het baie van ons kwekery-kliënte kom soek na ‘n mooi, blommende hangmandjie vir die sonstoep,of sommer in ‘n boom op te hang. Dan het ons geweet sommige van hulle verlang huis toe, miskien Europa of Engeland toe, want dit is nou lente daar en op elke balkom en aan elke lamppaal prykkleurryke hangende tuintjies. Of miskien is dit sommer ‘n tuinier wie se grondoppervlak nou al so toegeplant is, dat hy of sy boontoe moet werk en hangende tuine begin maak.

Hoe dit ook al sy, ‘n mooi geplante en goed versorgde hangmandjie is ‘n aanwins vir enige tuin en ‘n wonderlike geskenk om aan iemand spesiaal te gee. Ons het Nancy Michell en Constance Panyana van die Lourensford-groothandelkwekery gevra om ons stap vir stap te wys hoe om ‘n mooi hangmandjie te skep.

Die grondmensel vir hangmandjies moenie te swaar wees nie; anders gaan jy sukkel om die mandjie op te tel. Meng sowat 2/3 potgrond van goeie gehalte met 1/3 ligte kompos, en as jy dit nog ligter wil maak, ‘n paar hande vol vermikuliet of perliet wat sintetiese groeimengsels is en byna niks weeg nie. Voeg by ‘n stadigvrystellende kunsmis (volgens die aanwysings per volume grond) en van die nuwe wterhoudende kristalle (nou beskikbaar) op die mark, ook volgens aanwysings op die pakkie. Meng die mengsel baie goed en klam aan voor gebruik.Moenie te bang wees dat jy te veel plante insit nie. Met genoeg water en gereelde voiding sal hulle floreer.Kies ‘n groterige draadmanjie – die kleintjies is moeilik om te plant en droo vinnig uit.

Hangmandjies kan baie vinnig uitdroog en moet minstens een maal ‘n dag water kry, en in baie warm weer selfs twee maal per dag.Om die blomseisoen van die plantjies so lank moontlik uit te rek, moet jy gereeld dooie blommetjies uitknip en die rankers effens snoei om hulle mooi dig te maak.Maak seker dat die haak of hangplek van die hangmandjie stewig geanker is – as die ding loskom en op Skoonma se kop val, gaan sy vir seker bokveld toe!

Stap 1 :

Jy het nodig :

  • ‘n lekker groot en stewige draadmandjie;
  • ‘n emmer of ou plantpot waarop die mandjie kan rus terwyl jy daarmee besig is;
  • ‘n sakkie of twee klapperhaar, of enige ander veeringmateriaal wat die grond en plante in die mandjie stewig sal vashou en sal keer dat alles uitval. Ou stukke skadunet of swart plastiek kan ook gebruik word (steek net ‘n paar klein gaatjies daarin vir goeie dreinering);
  • ‘n digte laag mos kano ook gebruik word;
  • goed voorbereide potgrond (sien blitswenke vir resep);
  • ‘n plantpiering as jy bang is dat die mandjie te veel gaan mors; en
  • ‘n mooi verskeidenheid plantjies.

Stap 2 :

Plaas jou mandjie stewig op di eemmer of ou plantpot, trek dieklapperhaar uitmekaar en voer die mandjie daarmee uit. Jy kan ‘n lagie swart plastiek vol gaatjies gebdruk bo-oor die klapperhaarlaag gebruik. Die plastiek sal keer dat die mandjie vinnig in warm weer uitdroog.Sorg dat al jou plantjies goed klam is voordat dit geplant word.Jy kan nou ook jou potpiering onder in die mandjie plaas.

Stap 3 :

Vul nou die mandjie met sowat 5 cm potgrond. As jy ‘n groot plant soos byvoorbeeld ‘n fuchsia of ander plant met ‘n regop groeiwyse in die middel van die mandjie wil sit, moet hy nou geplaas word en aan weerskante met die grondmengsel toegegooi word.

Stap 4 :

Kies nou van die kleiner plantjies en plant hulle deur eers die blaar en stamgedeeltes versigtig met stewige papier of ‘n plastieksakkie toe te draai om hulle te beskerm en dan versigtig van binne die mandjie deur die klapperhaar na buite te druk. Verwyder die papier. Maak met jou vingers ‘n gaatjie in die klapperhaarvoering en druk dan die plantjie deur. Trek dei veering weer versigtig om die stammetjie van die plantjies. Plant in ‘n laag al om die mandjie en bly opvul met potgrond. Jy kan nou ‘n tweede en derde laag plant.

Stap 5 :

Wissel rankplantjies af met die wat meer bosserig groei al om die mandjie. Vul nou die mandjie met potgrond tot net onder die rand. As dit te vol gemaak word, sal diewater bo-oor spoel en ‘n hense gemors veroorsaak. As jy nie ‘n groot plant in die middle van die mandjie gelant het nie, kan jydie oppervlak vulmet ‘n bonte verskeidenheid plante wat meer regop groei. Gooi nou diehangmandjieversigtig en stadig nat en maakdie handvatsels waaraan hy gaan hang, baie stewig vas. Hou die mandjie n paar dae in die skaduwee op ‘n beskutte plek sodat dit kan vestig voordat jy dit in sy permanente plek ophang.

Shop online

divider