Hangende Tuine

divider

DIY and how-to

A colourful outdoor garden wall featuring various potted plants and climbing vines.

Hangende Tuine

Hangmandjies verskaf vertikale interessantheid en hoogte aan ’n  patio. Die mees algemene fout wat gemaak word, is dat tuiniers ’n mandjie gebruik wat te klein is, geneig is om baie gouer droog te word en nie die welige voorkoms verkry wat ’n mens graag vir hangmandjies wil hê nie.

Voer draadhangmandjies uit met klapperhaarmatwerk om vog te behou. Vul die mandjie op met potplantgrond van ’n goeie gehalte waarby waterbehoudende korrels gevoeg is volgens aanwysings. Hangmandjies vaar beter as dit in halfskadu- tot skaduplekke gehang word.

Wenke vir sukses met houers :

  • Maak seker die houer het dreineringsgate. Houers kan in spesiaal gemaakte ‘pierings’ gesit word op wigstokke wat dit oplig om toe te laat vir dreinering.
  • Sit ’n vierkant skadudoek of soortgelyke  materiaal oor die dreineringsgate in die houer. Dit laat oortollige water uitloop en hou terselfdertyd die grond terug. Andersins kan die dreineringsgate bedek word met gebreekte baksteen of stukkies van kleipotte.
  • Plaas houers waar hulle ’n mate van beskerming teen warm, uitdrogende winde het.
  • By groot houers moet die houer eers op sy plek neergesit word en dan met grond gevul word – om ’n houer wat met grond gevul is, te verskuif, kan moeilik wees!
  • Gebruik klaar voorbereide, gesteriliseerde grond vir u houer om te verseker dit is vry van siektes en onkruidsaad. Voeg waterbehoudende korrels by die grondmengsel volgens aanwysings.
  • Vul die houer met die grond en druk dit vas tot omtrent 2,5 cm van die rand, sodat genoeg ruimte vir water gelaat word.
  • Plant die plante op dieselfde diepte as wat hulle in hul kwekeryhouers was.
  • Gooi ’n deklaag – organies of anorganies – bo-op die grond om die wortels koel te hou en te verseker dat oortollige water nie deur verdamping verlore gaan nie.
  • Gereelde natmaak is noodsaaklik vir die meeste plante; maak in warm weer daagliks nat.
  • Vir die beste blomme, voed elke twee weke met ’n vloeibare misstof.
  • Verwyder dooie blomme en vergeelde blare.
  • Moenie plante toelaat om langbenig te raak nie – snoei eerder ligweg en gereeld.

Draai potte van tyd tot tyd om om egalige groei te verseker.

    Shop online

    divider