Gebruik daardie Herfsblare

divider

DIY and how-to

Row of autumn leaves in shades of green, yellow, orange and red hanging from a string.

Gebruik daardie Herfsblare

Die herfsblare gaan binnekort van bladwisselende bome begin val, maar voordat u ’n blaarblaser nader trek, oorweeg dit om die blare in en om u tuin te gebruik.

Hier is ’n paar idees :

  • Gebruik herfsblare as dun lae tussen ander swaarder organiese materiaal in u komposhoop. Die dun lae is noodsaaklik om te sorg dat lug kan sirkuleer, wat die komposteringsproses aanhelp.
  • Maak blaarhumus deur die blare by mekaar te maak, in swart sakke te sit en ’n paar gaatjies in die sakke te maak sodat die lug kan sirkuleer. Berg die sakke in ’n ver hoek in u tuin. Nadat die blare verrot het, sal u ’n ryk deklaag vol voedingstowwe hê wat u oral in u tuin kan gebruik.
  • Andersins hoef u nie skaam te wees om die blare net so in die tuinbeddings en op die grasperk te laat lê nie. Dit sal natuurlik verrot en die grond daaronder sal al die voedingstowwe absorbeer.

Shop online

divider