Bolle + Saailinge = Kitskleur

divider

DIY and how-to

Close-up of bulbous sprouts emerging from soil, surrounded by lush green leaves.

Bolle + Saailinge = Kitskleur

April beteken dit is tyd om lenteblommende bolle te plant. Dit is wonderlik om te dink die droë, bruin, geplooide voorwerpe wat u nou plant, gaan in net 60-90 dae pragtige blomme voortbring.

Waarom probeer u nie dié winter saailinge tussen u bolle plant nie? Dit is die perfekte manier om kleur aan u tuinbeddings te gee terwyl u wag dat u bolle hul lieflike verskyning in die lente maak. Daarby sal u uself baie moeite bespaar, aangesien u net een tuinbedding sal hê om om te spit, voeding te gee en nat te hou en u kry dubbel die plesier.

So doen u dit :

  • Kies ’n sonnige plek in die tuin waar die grond goed dreineer en wat ook maklik bereikbaar met die tuinslang is – saailinge en bolle moet gereeld nat gemaak word.
  • Berei die grond goed voor: Spit dit tot op ’n diepte van 30 cm om en voeg ’n sak kompos en vier handevol kunsmis by elke 4m². Verwyder enige gras, onkruid of klippe en hark die grond gelyk.
  • Maak die tuinbedding en u saailinge goed nat. Druk u saailinge van onder af uit hul bakkies (moet nie aan die plant trek nie) en plant dit op dieselfde diepte as wat dit in die saailingbakkie was. Plant individuele saailinge in groepe, met elke groep ver van die volgende een (u gaan die bolle in die spasies tussenin plant).
  • Maak die grond met ’n fyn sproeier nat en voed u saailinge elke twee weke met blaarvoeding (soos Multifeed of Nitrosol).
  • Nadat die saailinge in die grond is, moet die bolle geplant word. Plant dit in groepe van 12-15 bolle in die spasies tussen die saailinge. Volg die aanwysings op die verpakking wat aandui hoe diep en ver van mekaar dit geplant moet word.
  • Hou u bolle goed nat – dit moet twee keer per week tot op ’n diepte van minstens 15 cm nat gemaak word. Sodra die uitloopsels bokant die grond verskyn, voed met bolvoeding een keer elke twee weke.
    Daar is dit nou – kitskleur in u tuin vir die volgende vier of vyf maande. En wanneer die bolle blom, is dit wonderlike snyblomme wat ook binnenshuis vir kleur gaan sorg.

Shop online

divider