Begonias – ’n moet vir u somertuin
DIY and how-to

Begonias – ’n moet vir u somertuin
As u kleur op ’n skaduplek in u tuin wil hê, kan u nie verkeerd wees met beddingbegonias nie. Dié betroubare, veelsydige jaarplante sal die hele somer lank blom en kan gebruik word om oop kolle in tuinbeddings op te vul, massas kleur op groter plekke te gee en sal net so goed lyk in houers en mandjies. Beddingbegonias is te kry in ’n wye verskeidenheid kleure, van rooi en maroen tot koraal, pienk en wit, met mooi heldergroen en bronskleurige blare. Hulle vaar die beste op plekke wat gedeeltelike skadu of oggendson kry en is maklik om te onderhou, danksy hul netjiese, kompakte groeiwyse.
Hier is ’n paar wenke om u beddingbegonias ’n goeie begin te gee :
- Plant saailinge in ryk grond wat goed dreineer en spasieer hulle omtrent 15-20 cm van mekaar.
- Beddingbegonias is redelik droogtebestand en hoef net een keer per week in die somer natgemaak te word.
- Voed hulle een keer per maand met ’n gebalanseerde vloeibare misstof soos MultiFeed of Nitrosol.
- As u ’n variëteit soek wat ’n bietjie meer son sal verdra, probeer die “Cocktail-reeks” begonias. Die “Lotto-variëteit” dra baie groot blomme.
You might also like
Shop online
-
- Sale!
Kalanchoe 12cm
- Original price was: R79.99.R59.99Current price is: R59.99.
- Add to cart Learn More
-
PEBBLES MULTI WHITE
- R159.99
- Add to cart Learn More
-
SPRAY FILM 100ML
- R159.99
- Add to cart Learn More