10 Geskenk-idees vir Kersfees

divider

DIY and how-to

10 Geskenk-idees vir Kersfees

Poinsettias

Dié plant is ideaal vir enige Tafelversiering dié Kersfees.
’n Uitstekende geskenk in ’n potbedekking, hangmandjie of bak.
Poinsettias kan ná Kersfees in die tuin geplant word in halfskadu.

Spathiphyllum “Seilbootjies”

Spathiphyllum is ’n ideale plant vir plekke waar min lig is. Gewilde badkamerplant, maar kan oral in die huis of kantoor gebruik word waar min lig vereis word.
Dié plant simboliseer ook vrede.

Patio-rose

Gee kitskleur aan u patio met Patio-rose.
Dié pragtige soort sal enige patio verfraai wanneer gaste onthaal word.
Patio-rose vereis helder lig en kan in die tuin uitgeplant word ná die blomtyd op die patio. Uitstekende plant vir patio-houers.

Dracaena “Lemon Lime”

Uitstekende kontrasplant in enige huis en kantoor.
Die helderlemmetjie tot groen blare sorg vir ’n opwindende fokusplant en ons beveel beslis ’n geglasuurde pot hiervoor aan.
Plant wat lank hou, min water nodig het en goed vaar in min tot medium lig.

Binnenshuise Begonias

Sit ’n paar van dié plante by mekaar op ’n tafel en u sal ’n kleureprag op u tafel hê dié Kersfees.
Elke plant dra oorvloedig blomme en sommige in verskeie skakerings.
Kleure wissel van rooi, oranje, pienk, geel & wit.

Anthuriums “Flamingo Flower”

Uitstekende huisplant. Anthuriums het helderrooi blomme wat maande lank kan hou.
Blomme kan as snyblomme gebruik word in kontemporêre rangskikkings.
Sit dié plant in een van ons groot verskeidenheid helderkleurige potbedekkings.

Bonsai’s

Pragtige fokusplant. Komplementeer kantoor- of huisdekor.
Skep ’n behaaglikheid in die huis en kantoor.
Uitstekende geskenk.

Phalaenopsis “Moth Orchid”

Pragtige fokusplant vir moderne huise en professionele kantore.
Perfek om lewe te gee aan dekor. Die Phalaenopsis-orgidee se blomme kan tot 3 maande hou.
Met die groot verskeidenheid potbedekkings en orgidee-potte wat beskikbaar is, kan dié plant elke maand nuut en vars lyk.

Cycas Revoluta “sago-palm”

Treffende plant met blinkgroen blare wat goed sal lyk in enige potbedekking van enige vorm of grootte.
Skep ’n glansgevoel by enige dekor. Algemeen bekend as die sago-palm, met maklike versorgingsbehoeftes.
Floreer in medium lig op enige plek in die huis of kantoor.

Krisante

As u kitskleur wil hê, kan u nie ’n fout maak met Krisante nie!
Dit is ’n bekostigbare keuse om gou kleur in die huis te kry.
Krisante kan in die tuin uitgeplant word nadat dit ’n week of twee in die huis was.

Shop online

divider