Snoeiseisoen in die Kaap

divider

DIY and how-to

Gloved hands use pruning shears to trim a branch with red leaves growing in a garden.

Snoeiseisoen in die Kaap

Baie tuiniers is skrikkerig vir snoeiwerk, maar dis eintlik een van die eenvoudigste dele van tuinmaak. Net soos jy jou hare elke paar maande laat knip om dit gesond en versorg te hou, baat jou rose by ʼn goeie snoeisessie een keer ʼn jaar. Plante groei stadiger in die winter en dus is dit die ideale tyd om hulle te snoei. Die snoeiproses dwing plante om energie te spaar vir toekomstige groei in die lente.

Julie is die beste maand om rose te snoei in die Kaap. Al die roosvariëteite kan nou gesnoei word, behalwe klim- en rankrose, wat eers na die lente gesnoei moet word.

Die kuns aan snoeiwerk, se mnr. Robert Stodel, besturende direkteur van Stodels Kwekerye, is om die regte toerusting te gebruik, en die grond daarna goed te behandel.

Hier is ʼn paar wenke :

  • Maak eers seker dat jou snoeitoerusting vlymskerp en silwerskoon is. Vuil lemme kan plantsiektes versprei.
  • Nou is jy reg om met die snoeiery te begin. As jy ooit twyfel oor hoeveel om te snoei, onthou die volgende goue reëls: 1. Sny ten minste ʼn derde van die roosboom weg; 2. Sny enige dooie takke heeltemal uit; en 3. Onthou dat die mooiste rose aan die gesondste takke groei. Seël snymerke met ʼn goeie boomseëlaar soos Steriseal.
  • Besproei roosbome na die tyd met ʼn kalkswael oplossing om siektes te voorkom (kies ʼn windstil dag).
  • As jy klaar gesnoei is, voed die grond rondom die roosbome met gelyke hoeveelhede kompos, kunsmis en beenmeel.
  • Baie belangrik: verwyder enige ou blare en takke onmiddellik – voor plantsiektes of swamme kans kry om te versprei.

Het jy geweet?

Krismisrose en vrugtebome moet ook gereeld gesnoei word. Besoek een van die Stodelstakke in Bellville, Kenilworth of Milnerton en vra ʼn tuinboukundige vir raad hiermee.

Shop online

divider