Pronkertjies

divider

DIY and how-to

Pronkertjies

Dit is tyd om pronkertjies te saai om ’n oorvloed blomme in die lente te hê. Met hul geur en helder kleure is dié lentegunstelinge net reg om ’n nuwe groeiseisoen in die tuin aan te kondig.

Hier is wenke oor hoe om u pronkertjies die regte wegspring te gee :

  • Kies ’n sonnige, windvrye plek in u tuin. ’n Tuinbedding reg langs ’n muur wat noord front, is ideaal. Sit maasdraad aan die muur vas sodat die pronkertjies ’n struktuur het om teen op te rank.
  • Spit ’n voor wat 40 cm diep is langs die muur af. Toets die dreinering van die voor deur dit met water op te vul om te sien hoe gou dit dreineer. As dit nie maklik dreineer nie, sit ’n laag spoelklippies of gruis onderin die voor wat dan met ’n laag grond bedek word.
  • Meng die bogrond met kompos, superfosfaat en beenmeel en skep dit dan terug in die voor.
  • Saai pronkertjiesaad 10 cm van mekaar en maak gereeld nat om die grond klam te hou.
  • Wanneer die eerste uitloopsels verskyn, lei dit teen die maasdraad op om regop groei aan te moedig.
  • U kan die blomme pluk sodra dit uitkom. Hoe meer blomme u pluk, hoe meer sal die plante blom.
  • Pronkertjies is uitstekende snyblomme – hulle hou tot twee weke lank in die water en versprei hul heerlike geur deur die huis.