Lok voëls na u tuin met Inheemse Struike
Indigenous and fynbos
Lok voëls na u tuin met Inheemse Struike
Plante lok voëls met hul nektar, blomme, vrugte en saad en deur insekte aan te lok, wat nog ’n voedselbron vir voëls is.
Hier is ’n paar van ons gunstelinge om voëls te lok :
- Aalwyne – voorsien nektar aan ’n groot verskeidenheid voëls en die groter plante is ook gewild by voëls wat nes maak daarin.
- Kaapse kanferfoelie (Tecoma capensis) – is ’n baie gewilde struik wat massas blomme voortbring wat nektar-etende voëls en insekte lok.
- Gifboom (Acokanthera oppositifolia) – is ’n immergroen struik wat wit blomme in die lente dra, gevolg deur persswart bessies. Sowel die blomme as bessies lok voëls.
- Kruisbessie (Grewia Occidentalis) – is ’n immergroen struik wat lilapienk blomme dra, gevolg deur kruisvormige vrugte (lyk soos miniatuur Paasbolletjies). Die vrugte bly maandelank aan die plant en dié struik is dus ’n betroubare spens vir voëls in die somermaande.
- Koppiesdagga (Leonotis leonurus) – dra oranje of wit blomme in die herfs. Die nektar van dié blomme lok voëls en insekte.
You might also like
Shop online
-
FERRAMOL 500G OR 1KG
- Price range: R114.99 through R199.99
- Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page Learn More
-
DOUBLE GROW VERMICULITE 15DM OR 30DM
- Price range: R49.99 through R189.99
- Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page Learn More



