Kweek u eie Uie

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Uie

Uie is die  basis van die meeste wintersoppe en -bredies. Saai u uiesaad nou en u sal ’n goeie voorraad hê wanneer die winter kom.

Stap vir stap gids oor hoe om u eie uie te kweek :

  • Kies ’n plek in u tuin wat vir die grootste deel van die dag volson kry.
  • Spit genoeg grond uit en voeg ’n graafvol kompos en algemene kunsmis per vierkante meter by.
  • Saai u uiesaad 1 cm onder die grondoppervlak in rye wat 20 cm van mekaar is (die uiteindelike grootte van die ui hang af van die spasiëring tussen die rye, moet dit dus nie te na aan mekaar saai nie).
  • Gee water as die weer droog bly en voed met ’n swak oplossing van 2:3:2-kunsmis.
  • Hou op watergee en voed wanneer die uie begin uitswel. Verwyder enige grond of deklaag om die bolle aan die son bloot te stel.
  • Uie het ’n baie vlak wortelstelsel, dus kan hulle nie met onkruid meeding vir water nie. Maak seker u uiebedding is sonder onkruid.
  • Uie is gereed om geoes te word wanneer die blare geel word en begin platval. Die blare moet ritsel wanneer u daaraan raak.
  • Oes dit deur ’n tuinvurk onder die bol in te druk en dit dan aan sy nek los te wikkel.
  • Sit u uie met hul onderkante na bo op ’n sonnige plek om droog te word. Wanneer die buitekante heeltemal droog is, stoor dit op ’n koel, droë plek.

Het u geweet? Uie is ’n eeue-oue bron van voedsel. Spore van oorblyfsels van uie is langs vye en dadelpitte gekry wat na 5000 v.C. teruggevoer kan word.