Kweek u eie Tamaties

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Tamaties

Die somermaande is net die tyd om u eie tamaties te kweek. Dit groei goed in tuinbeddings en potte en is te kry in baie variëteite wat maklik groei. U kan ook u kinders aanmoedig om hul eie kersietamaties in potte te kweek.

Stap vir stap gids tot sappige rooi tamaties :

  • Kies ’n sonnige plek en berei die grond voor met ’n handvol 2:3:2 per vierkante meter.
  • Plant u tamatiesaailinge in rye 30-40 cm van mekaar. Maak die saailinge goed nat, maar moet dit nie verdrink nie – tamaties hou nie van te veel vog om hul wortels nie. Probeer om nie die blare nat te maak nie, want dit maak die plante meer vatbaar vir swaminfeksies.
  • Wanneer u plante begin groei, gebruik latwerk of ’n tamatiehok waarteen dit opgelei kan word.
  • Sodra die vrugte begin vorm, voed u plante een keer elke twee weke met ’n misstof wat ’n hoë stikstofinhoud het, soos 3:1:5.
  • Spuit u plante gereeld met ’n organiese insekdoder (probeer Margaret Roberts Organic Insecticide of Ludwig’s Organic Insecticide). Dit is veral belangrik net voordat u u vrugte wil oes.

Het u geweet? Tamaties sal gou ryp word as dit binnenshuis op ’n sonnige vensterbank gesit word nadat dit gepluk is.