Kweek u eie Radyse

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Radyse

Radyse is een van die maklikste groentesoorte om in u tuin te kweek. Saai die saad ongeveer 2 cm van mekaar in los grond wat goed dreineer. Bedek dit met omtrent 1 cm grond en maak goed nat. Die plante sal binne 4-6 dae uitkom en u sal radyse reeds drie weke nadat dit gesaai is, kan oes. Kyk uit vir die opwindende nuwe radysvariëteite wat beskikbaar is, soos Easter Egg II, wat radyse in drie kleure voortbring – wit, rooi en pers.

Het u geweet? – Die plant van u eie groente is een van die mees bekostigbare maniere om organies te eet. Daarby weet u verseker dat u groente vry is van skadelike insekdoders en onkruidmiddels.

Blink Idee! – Kombineer tuisgekweekte kerwel en radyse met avokado en ’n Dijon-slaaisous vir ’n slaai wat anders is.