Kweek u eie Prei

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Prei

Prei is ’n lid van die ui-familie. Dit is maklike groente om in u tuin te kweek en sal die meeste grondsoorte verdra. Saai nou preisaad en u sal ’n goeie oes hê, gereed vir wintersop en bredies.

Stap vir stap gids hoe om u eie prei te kweek :

  • Prei is die perfekte groente vir kleiner oop kolle in u tuin, aangesien dit kompak is en regop groei.
  • Saai prei op ’n sonnige, beskutte plek waar die grond goed dreineer. Spit genoeg grond uit en voeg baie mis en misstof by ’n week voordat u saai.
  • Saai die saad in rye, 30 cm van mekaar. Die saad moet in vlak vore wat omtrent 1 cm diep is, gesaai word. Bedek met grond en maak goed nat.
  • Wanneer die saailinge elkeen ’n paar blare het (omtrent vier weke later), dun dit uit om een plant elke 15 cm te laat. Die saailinge wat u verwyder het, kan elders herplant word.
  • U prei sal binne 10-12 weke gereed wees om geoes te word, net betyds vir wintersop. Lig dit versigtig met ’n vurk uit die grond sodat die plante rondom nie beskadig word nie.

Het u geweet? Prei was die gunsteling-groente van die Romeinse Keiser, Nero, wat dit ingeneem het in sop of olie omdat hy geglo het dit is voordelig vir sy stemkwaliteit.

Shop online

divider