Kweek u eie Oosterse Groente

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Oosterse Groente

Oosterse groentes soos chihilli, wong bok, pak choi, tah tsai en Chinese kool kom deesdae algemeen voor op die spyskaarte van plaaslike restaurante. Dit word gebruik in roerbraaigeregte, slaaie en as ’n basis vir ’n verskeidenheid hoofgeregte. Die goeie nuus is dat dit vinnig en maklik is om van saad te kweek. Dit is wat u moet weet:

Stap vir stap gids om u eie Oosterse groentes te kweek

  • Oosterse groentes groei die beste op sonnige, beskutte plekke. Dit kan met sukses  gekweek word in tuinbeddings, potte en selfs vensterbakke.
  • Voordat u saai, berei die grond voor met kompos en kunsmis. Die grond moet goed dreineer en klam gehou word.
  • Saai die saad 5 cm van mekaar en omtrent 0.5 cm diep. Nadat gesaai is, bedek die hele oppervlak met ’n deklaag om die verspreiding van onkruid te help voorkom.
  • Wanneer die saailinge verskyn, dun dit uit tot omtrent 15 cm van mekaar en voed gereeld met ’n vloeibare plantvoeding soos Multifeed.
  • Beskerm die kosbare blare van die saailinge deur organiese slakaas soos Ferramol om die plante te strooi.
  • Saai weer vier weke later om ’n deurlopende voorraad groente in die komende maande te hê.

Het u geweet? Oosterse groente is ideaal om saam met u kinders te kweek, aangesien dit vinnig uitspruit en binne vyf weke geoes kan word.

Shop online

divider