Kweek u eie Murgpampoentjies

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Murgpampoentjies

Murgpampoentjies is baie lonende plante om te kweek, aangesien die saad maklik ontkiem en die groente binne nege weke ná aanplanting geëet kan word. Die plante is ook baie mooi met hul oorvloed geel blomme wat ook eetbaar is.

Stap vir stap gids oor hoe om u eie murgpampoentjies te kweek

  • Saai murgpampoentjiesaad in volson in grond waarby baie kompos ingewerk is. Maak seker u kies ’n plek in die tuin waar daar goeie lugsirkulasie is sodat die blare van die plante behoorlik kan droog word. Deurweekte blare is vatbaar vir swamsiektes.
  • Saai saad 7 cm diep (met twee saadjies in elke gaatjie) en 50 cm van mekaar, in rye wat 1 m van mekaar is.
  • Hou die grond klam, maar moet nie baie water gee nie totdat die eerste spruite bokant die grond verskyn.
  • Die plante het vlak wortelstelsels en het dus hope water nodig wanneer hulle begin groei. Gee altyd water by die basis van die plant, aangesien die blare vatbaar vir swamsiektes is as dit aanhoudend nat is.
  • Voed u murgpampoentjies een keer per maand met 3:1:5.
  • As murgpampoentjies aan die stam gelos word, kan dit tot 50 cm lank word. Maar hoe langer dit gelaat word om te groei, hoe minder groente sal ’n plant voortbring. Vir ’n gereelde oes, pluk die pampoentjies wanneer hulle omtrent ’n vingerlengte lank is.

Het u geweet? Murgpampoentjies is ryk aan B-vitamines, vesel en vitamines A, C en K.

Shop online

divider