Kweek u eie Lemoenpampoentjies

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Lemoenpampoentjies

Ons aanvaar lemoenpampoentjies as vanselfsprekend in Suid-Afrika, maar – soos baie Suid-Afrikaners wat geëmigreer het, kan vertel – is dit baie skaars oorsee. Om die waarheid te sê, baie Suid-Afrikaners het van die saad bestel en kweek dit in buitelandse grond. Gelukkig is dié somerpampoentjies baie makliker om hier te kweek vanweë ons warm klimaat. Dit is wat u moet weet :

Stap vir stap gids om u eie lemoenpampoentjies te kweek :

  • Kies ’n groot (die lemoenpampoentjie vorm ranke wat baie plek in beslag neem), sonnige plek in u tuin met ryk grond wat goed dreineer.
  • Spit die grond en werk heelwat kompos in.
  • Saai die lemoenpampoentjiesaad ongeveer 30 cm van mekaar in rye wat 180 cm van mekaar is. Maak goed nat.
  • Wanneer die blomme verskyn, voed met ’n organiese vloeibare kunsmis wat hoë vlakke kalium bevat (probeer Supa Natural Fish Emulsion Plant Food).
  • Dit is nie nodig vir ’n deklaag om lemoenpampoentjieplante nie, aangesien die groot blare skadu aan die wortels voorsien.
  • Maak seker u maak die grond om die plante nat en nie die blare nie, aangesien die blare vatbaar vir swaminfeksies is.
  • U lemoenpampoentjie is gereed om geoes te word wanneer die skil donkergroen en te hard is om met u vingernael stukkend te steek (ongeveer 12 weke nadat dit gesaai is).

Het u geweet? – Lemoenpampoentjies bevat baie vesel en Vitamien C. Maak seker u eet ook die saad – dit is ryk aan sink en omega 3-olies.