Kweek u eie Kool

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Kool

Kool is ’n uiters veelsydige groentesoort wat baie gebruike in somer- en wintergeregte het. In die somer is dit ’n noodsaaklike bestanddeel van koolslaai en in die winter gee dit geur en voedingswaarde aan sop en bredies.

So kweek u dié staatmaker in die groentebedding :

Stap vir stap gids om self kool te kweek:

  • Kool groei die beste op sonnige, koel plekke in die tuin. Berei die grond vooraf voor deur baie kompos en ’n algemene kunsmis in te werk.
  • Koolsaad kan direk in die tuinbedding gesaai word. Trek ’n reguit lyn op die grond (’n voortjie genoem) omtrent 1 cm diep en saai die saad oor die lengte van die voortjie.
  • Bedek die saad liggies met grond en maak goed nat.
  • Saailinge sal ná 7 tot 12 dae verskyn. Kies die sterkste saailinge en dun dit uit sodat hulle omtrent 8 cm van mekaar is. Soos die kool groei, sal dit steeds uitgedun moet word totdat dit omtrent 30 cm van mekaar is.
  • Wanneer die saailinge goed  gevestig is, moet hulle baie water kry. Kool hou daarvan om “in ’n poel water te staan”, wat beteken om hulle met water te deurdrenk.
  • Oes die kool deur die stam met ’n skerp mes na aan die grond af te sny. Nadat die kop afgesny is, sny ’n diep X in die stam en dit sal ná ’n paar weke nog ’n klomp kleiner koppe voortbring. Kool moet liefs geëet word net nadat dit geoes is.
  • Kool is nogal vatbaar vir peste en siektes. Haal koolruspes af sodra u dit sien, anders sal dit regdeur tot in die middel van die koolkop boor. Slakke en naakslakke is ook baie lief vir koolsaailinge, beskerm dit dus deur plastiekkrae (wat uit koeldrankbottels gesny is) om elke saailing te sit.

Het u geweet? Kool is ryk aan vitamien C en het ook kankerbestrydende eienskappe, aangesien dit help om die groei van kankerselle te blokkeer.

Shop online

divider