Kweek u eie Komkommers

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Komkommers

Komkommers groei baie vinnig en is gereed om geoes te word net twee maande nadat die saad gesaai is. Daar is twee hoofvariëteite komkommers: Die Engels/Hollandse komkommer het ’n gladde skil en is langer (word gewoonlik in slaaie gebruik), terwyl die Beta Alpha-komkommer korter en stekelrig is (word dikwels gebruik as agurkies).

Stap vir stap gids om u eie komkommers te kweek :

  • Komkommers kan direk in die grond gesaai word of in potte. Dit groei opwaarts, dus neem dit nie baie plek in beslag nie, maar stutte sal nodig wees soos die plante hoër groei.
  • Komkommers vaar die beste in vrugbare, klam grond. Voeg baie kompos by die grond voordat u die saad saai en maak seker die grond word te alle tye klam gehou terwyl die plante groei.
  • Maak u komkommers op grondvlak nat sodat die blare nie nat word nie, aangesien dit nogal vatbaar is vir swamsiektes.
  • Voed u komkommerplante elke twee weke met 2:3:2 terwyl dit groei. Geel blare is ’n teken dat die plant honger is – in dié geval, voed dit onmiddellik met ’n goeie dosis 2:3:2.
  • Engelse en Hollandse komkommers is gereed om geoes te word wanneer dit 25-30 cm lank is. Beta alpha-komkommers is gereed om geoes te word wanneer dit 12-15 cm lank is.

Het u geweet? – Komkommers bevat baie Vitamien C en koffiesuur, twee bestanddele wat in velsorgprodukte aangetref word. Dit verduidelik waarom komkommerskyfies wat op u ooglede geplaas word, help om pofferigheid en swelling te help verminder.