Kweek u eie Kersietamaties

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Kersietamaties

Kersietamaties is in baie kleure en variëteite beskikbaar en verskil in grootte, van so klein soos ’n grondboontjie tot so groot soos ’n gholfbal. Dis wonderlike plante om saam met u kinders te kweek, aangesien dit vinnig groei en klein vingertjies dit maklik kan pluk wanneer dit ryp is.

Stap vir stap gids oor hoe om u eie kersietamaties te kweek

  • Saai kersietamatiesaad in volson in grond met baie kompos in. Maak seker die saad wat u koop, is geskik vir tuinkweking en vereis nie ’n kweekhuisomgewing nie.
  • Saai saad 0.5 cm diep en druk die grond liggies vas oor die saad. Steek stutte vir die plante in die grond wanneer u die saad saai sodat u nie die jong plante seermaak as die stutte later ingesteek word nie.
  • Maak die saad elke dag nat totdat dit ontkiem. Wanneer die saailinge bokant die grond uitkom, kan u elke tweede dag water gee. Sorg dat u die wortels direk natmaak en nie onnodig water op die blare kry nie.
  • Wanneer die saailinge ’n redelike ent gegroei het, bind dit lossies aan die stutte vas. Dit help om die plante van die grond af te hou waar dit meer vatbaar vir siektes is.
  • Voed u kersietamatieplante een keer elke twee weke met ’n vloeibare kunsmis wat ’n hoë stikstof-inhoud het, soos Seagro of Multifeed.
  • Kersietamaties is gereed om geoes te word wanneer die skil blink en die kleur egalig is.

Het u geweet? Tamaties is ryk aan likopien, ’n kragtige anti-oksidant wat die vel se vermoë verbeter om teen skadelike UV-strale te beskerm.

Shop online

divider