Kweek u eie Ertjies

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Ertjies

Ertjies is beskikbaar in ’n wye verskeidenheid variëteite, waaronder die gewilde kultivars mange tout en sugar snap. Dit is vinniggroeiende groente en kan reeds 11 weke nadat dit gesaai is, geoes word. As u eers tuisgekweekte ertjies, vars uit u tuin, geproe het, sal u dit nooit weer by die kruidenierswinkel koop nie!

Stap vir stap gids om self ertjies te kweek :

  • Ertjies groei die beste op ’n sonnige, koel plek in die tuin waar die grond goed dreineer.
  • Berei die grond vooraf voor deur kompos, algemene kunsmis en ’n handvol landboukalk in te meng – ertjies hou van effens alkaliese grond.
  • Spit ’n voor wat 5 cm diep en 15 cm breed is en saai die saad ongeveer 7 cm van mekaar. Bedek met grond en druk liggies vas.
  • Hou die grond klam deur gereeld nat te maak in droë weer. Wanneer die plante ongeveer 30 cm hoog is, help dit om die grond met ’n deklaag te bedek om die wortels koel te hou.
  • Ertjies is klimplante en moet dus teen iets kan opklim. U kan latwerk, sifdraad of hoenderdraad teen ’n grensmuur gebruik.
  • Oes u ertjies wanneer dit ryp is en voordat die peule hul diepgroen kleur verloor. Mange tout ertjies moet geoes word wanneer die peule ongeveer 7.5 cm lank is. Eet of sit die ertjies in die yskas so gou as moontlik nadat dit gepluk is, aangesien die suiker in die ertjies (wat die soetheid daaraan gee) baie gou in stysel verander.

Het u geweet? – Om ertjiesaad vir volgende jaar se oes by mekaar te maak, kan nie makliker wees nie. Laat ’n paar peule aan die plant en laat dit droog word totdat dit bruin is. Dop die saad uit en sit dit vir drie dae in die vrieskas om enige insekte wat binne-in kan wees, dood te maak. Nadat dit gevries was, kan u die saad op ’n koel, droë plek bêre vir tot solank as drie jaar.

Shop online

divider