Kweek u eie Botterskorsie

divider

Kitchen gardening

Kweek u eie Botterskorsie

Botterskorsie is ’n aantreklike gewas wat massas welige blare en mooi geel blomme voortbring. Dit het redelik baie plek nodig om te groei, maar u hoef net een of twee botterskorsieplante te plant om vir ’n gesin van vier kos te gee.

Stap vir stap gids hoe om u eie botterskorsie te kweek

  • Botterskorsie groei die beste op ’n sonnige plek in die tuin in vrugbare grond. Verryk die grond met baie kompos voordat u plant.
  • Saai botterskorsiesaad direk in die grond, omtrent 1 cm diep. Gee gereeld water om die grond klam te hou.
  • Ontkieming geskied binne 5-7 dae en die eerste blomme verskyn omtrent 6 weke later. ’n Deklaag soos strooi of basstukkies sal help om die blare en groente wat ontwikkel, van die grond af te hou.
  • Lei die groeiende takke teen ’n latnetwerk of muur op en knyp die groeipunte terug om die ontwikkeling van sylote waaraan die botterskorsies gedra gaan word, aan te moedig.
  • Nadat ’n hele aantal skorsies aan die plant gevorm het, knyp enige oorblywende blomme uit om te verseker die plant gebruik al sy energie vir die ontwikkeling van die skorsies.
  • Botterskorsies is gereed om geoes te word omtrent 100 dae nadat dit gesaai is, wanneer die skil nie meer blink nie.
  • Laat altyd ’n stingel van omtrent 5 cm aan wanneer ’n botterskorsie gepluk word om te voorkom dat swamvrot by die bopunt ontwikkel wanneer dit geberg word.

Het u geweet? Botterskorsie is ’n kragtige voedingsbron: dit bevat groot hoeveelhede vitamine A, C en E, sowel as mangaan, magnesium en kalium.

Shop online

divider