Kweek u eie Aartappels

divider

Kitchen gardening

Close-up of large potatoes spilling out of a hessian bag onto brown soil.

Kweek u eie Aartappels

Aartappels is baie maklik om in u tuin te kweek en as u elke paar weke ’n nuwe klompie plant, sal u ’n gereelde voorraad van dié voedsame, veelsydige groente hê in die maande wat voorlê. Die aartappelplant dra mooi blomme wat uiteindelik doodgaan wanneer die aartappels gereed is om geoes te word.

Stap vir stap gids oor hoe om u eie aartappels te kweek :

  • Gaan na u plaaslike kruidenierswinkel en kies ’n paar aartappels wat gesond lyk en “ogies” het. Dit gaan u “saadaartappels” word, wat geplant gaan word om meer aartappels voort te bring.
  • Plant saadaartappels in grond met baie kompos, 10 cm diep en 30 cm van mekaar. Maak goed nat.
  • U aartappelplante sal omtrent 1-3 weke neem om uit te spruit. Wanneer die spruite omtrent 30 cm hoog is, moet u die grond om die stam van die plant begin “op-erd”. Op-erd beteken om meer grond om die stam van die plant te kry om te voorkom dat die aartappelknolle aan lig blootgestel en groen word.
  • Maak die aartappelplante een keer per week nat.
  • Aartappelplante begin gewoonlik ná omtrent 8 weke blom. Wag totdat die blomme teruggesterf het voordat u die aartappels uit die grond oes. Wag liefs omtrent 2 weke nadat die blomme dood is, sodat die aartappels mooi groot kan word omdat dit nie meer met die blomme meeding vir voedingstowwe nie.
  • Nadat aartappels geoes is, moet dit in ’n papiersak op ’n koel, donker, droë plek gebêre word. Dit sal omtrent 2 weke goed hou as dit so gebêre word.

Het u geweet? Aartappels is ’n uitstekende bron van vitamien C, kalium en vitamien B6.

Shop online

divider