Kweek u eie Aarbeie
Kitchen gardening

Kweek u eie Aarbeie
Aarbeie dra baie gou vrugte, wat dit ’n wonderlike keuse vir beginnertuiniers maak. U kan verwag om u eerste aarbeie ses tot tien maande ná aanplanting te oes. Daarby kan u wanneer u plante gevestig is, die uitlopers gebruik om elke seisoen nuwe aarbeiplante te plant.
Stap vir stap gids om u eie aarbeie te kweek :
- Kies ’n sonnige plek in u tuin met grond wat goed dreineer en voldoende beskutting teen die wind (as die plek die winderig is, sal insekte nie u plante kan bestuif nie).
- Berei die grond vooraf voor deur baie kompos en twee handevol beenmeel per vierkante meter in te werk.
- Plant aarbeiplante 30 cm van mekaar op dieselfde diepte as wat dit in die pot was waarin u dit gekoop het.
- Gee u aarbeiplante gereeld water, maar maak seker die grond is nooit deurdrenk nie, want dit kan tot swamsiektes lei.
- Sodra u vrugte sien ontwikkel, bedek die grond om die plante met strooi of swart plastiekvelle. Dit voorkom dat die vrugte direk op die grond lê, wat dit laat verrot. As u plastiek gebruik, onthou om klein dreineringsgate in die plastiek te maak sodat die water nie bo-op lê nie.
- U sal sien wanneer u aarbeie gereed is om geoes te word – dit sal so ’n pragtige, helderrooi kleur hê dat u nie die versoeking sal kan weerstaan om dit te pluk nie.
Het u geweet? – Aarbeie is al vrugte wat hul sade aan die buitekant van die vrug voortbring.
You might also like
Shop online
-
KNOX WORM 100ML
- R199.99
- Add to cart Learn More
-
- Sale!
ADULT SML EUK 1KG
- Original price was: R127.99.R99.99Current price is: R99.99.
- Add to cart Learn More
-
- Sale!
FRENCH BULLDOG ADULT 9KG
- Original price was: R1,478.99.R1,331.99Current price is: R1,331.99.
- Add to cart Learn More
-
- Sale!
Premium Potting Soil 20DM
- Original price was: R149.99.R99.99Current price is: R99.99.
- Add to cart Learn More