Kruie – Winterbonekruid

divider

Kitchen gardening

Winterbonekruid

Winterbonekruid (satureja montana) is ’n geharde kruisoort met veelvuldige gebruike – in en buite die kombuis. Dit is ’n bosagtige meerjarige met heldergroen blare en massas wit of pers blomme in die lente.

Plantwenke :

  • Plant saailinge van winterbonekruid 30 cm van mekaar op ’n sonnige plek waar die grond goed dreineer.
  • Maak seker die grond bly klam in die eerste week nadat geplant is, daarna kan een keer per week nat gemaak word.
  • Snoei winterbonekruid in die lente terug om nuwe groei aan te moedig.
  • Oes winterbonekruid net voordat die plant blom vir kook- en medisinale doeleindes.

Gebruike:

  • Die blare van winterbonekruid het ’n sterk, peperagtige smaak. Dit kan as alternatief vir sout en peper gebruik word wanneer vleis-, groente en bonegeregte gegeur word.
  • Winterbonekruid is ’n uitstekende metgeselplant. Boontjies groei beter wanneer dit langs winterbonekruid geplant word en onder rose help winterbonekruid om meeldou en plantluise af te weer.
  • Tee wat van winterbonekruid gemaak is (1 koppie kookwater op ’n kwart koppie blare) help om die simptome van verkoue en griep te verlig en help ook met hardlywigheid en winderigheid.
  • Gekneusde winterbonekruidblare help om insekbyte en steekplekke te verlig

Shop online

divider