Kruie – Vinkel

divider

Kitchen gardening

Vinkel

Vinkel is ’n meerjarige, geharde kruisoort wat maklik is om te kweek en verskeie gebruike het. Dit het veeragtige blare en geel blommetjies wat skoenlappers en bye na die tuin lok.

Plantwenke :

  • Kies ’n plek in die tuin wat volson kry en waar die grond goed dreineer. Voeg ’n algemene kunsmis of kompos by die grond om dit te verryk en so welige blare te verseker.
  • Saai saad 30 cm van mekaar en bedek met 5 mm grond. As in rye geplant word, spasieer dit ’n meter van mekaar.
  • Maak die grond met ’n fyn sproei nat totdat die eerste uitloopsels bokant die grond verskyn – gewoonlik 1-2 weke. Maak hierna twee keer per week nat.
  • Wanneer vinkelplante omtrent 40 cm hoog is, bind dit op as dit op winderige plekke staan. Vinkelplante kan tot 1 meter hoog word.
  • Gebruik ’n mes of skêr om vinkelblare te oes wanneer nodig. Laat ’n paar saadjies aan die plant sodat dit kan selfvoortplant en volgende lente nuwe plante voortbring.
  • Moenie vinkel naby tamaties, boontjies en kool laat groei nie, aangesien dit met hul groei kan inmeng.

Gebruike :

  • Die blare, saad en bol van vinkel is alles eetbaar. Die blare is heerlik in slaaie en as ’n garnering, die saad verleen smaak aan Italiaanse worsies en risotto en die bol kan soos enige groentesoort gekook of selfs rou geëet word.
  • Vinkel is ’n natuurlike spysverteringshulpmiddel. ’n Tee van vinkelblare wat op kookwater getrek word, sal opgeblaasdheid en slegte spysvertering verlig.

Shop online

divider