Kruie – Salie

divider

Kitchen gardening

Salie

Salie (wetenskaplike naam salvia officinalis) kom van die Latynse woord “salvare”, wat beteken “om gesond te maak”. Dit is ’n besonder gepaste naam, aangesien salie ’n hele klomp helende eienskappe het en help om van seerkeel tot insekbyte te verlig. Só kweek ’n mens hierdie mooi, immergroen meerjarige.

Plantwenke :

  • Salie groei die beste in volson in sanderige grond wat goed dreineer. As u kleigrond in u tuin het, plant salie liefs in ’n pot op ’n sonnige patio.
  • Salie is ’n geharde plant, maar hou nie daarvan om te dikwels water te kry nie.
  • Salie groei tot ’n hoogte van omtrent 30 cm en het grys, fluweelagtige blare en fyn blou blommetjies in die lente.
  • Salie is ’n uitstekende metgeselplant vir aarbeie, wortels en kool.

Gebruike :

  • Trek salieblare in kookwater en gebruik die “tee” as ’n mondspoel- of gorrelmiddel vir die verligting van seerkeel en mondseertjies.
  • Haal die steek uit insekbyte deur vars salieblare daarop te vryf.
  • Salie gaan goed saam met kaas, botterskorsie, pampoen en vark. Salie-en-uievulsel is heerlik in gebraaide hoender.

Shop online

divider