Kruie – Roket

divider

Kitchen gardening

Roket

Roket kom oorspronklik van suidelike en sentraal-Europa (waar dit bekend is as arugula of rucola). Dit is ’n geharde jaarplant, maar saai ditself en sal waarskynlik elke jaar in u tuin opkom as u dit eers eenkeer geplant het.

Plantwenke :

  • Kies ’n sonnige plek en maak seker dat die grond goed dreineer. Spit die grond goed deur en werk ’n groot hoeveelheid kompos in ’n dag voordat u saai. Maak goed nat en hark die grond gelyk.
  • Saai roketsaad 1 cm diep in rye wat 30 cm van mekaar is. Maak goed nat en hou die grond klam om te verhoed dat die plant te gou saad skiet.
  • Wanneer die plante ongeveer 15 cm hoog is, dun dit uit en gebruik die afgeknipte blare in u slaai.
  • Knyp die blomme en saadknoppies af sodra dit verskyn – dit sal u oes roketblare verleng.
  • Hoe ouer die blare is, hoe sterker is die smaak, wag dus langer voordat u oes as u liewer ’n redelike pepersmaak wil hê.

Gebruike :

  • Roket gee ’n onmiddellike byt wanneer dit by ander slaaiblare gevoeg word. Die smaak word bestempel as peperig, neuterig en pikant.
  • Voeg roketblare by Italiaanse pastageregte net voor u dit opdien om ekstra skop daaraan te gee.
  • Vir ’n meer getemperde smaak, stoom roket liggies en sit dit voor in die plek van spinasie.