Kruie – Platblaarpietersielie

divider

Kitchen gardening

Platblaarpietersielie

In Suid-Afrika is ons oor die algemeen bekend met die krulblaarpietersielie wat gebruik word om verskillende geregte te garneer. Platblaarpietersielie (ook bekend as Italiaanse pietersielie) is minder geredelik beskikbaar in ons winkels, dus kan u gerus u eie kweek. Platblaarpietersielie het ’n baie sterker, peperige smaak teenoor sy krulblaar-eweknie. Hier is ’n paar wenke oor die plant daarvan en hoe u dit kan gebruik.

Plantwenke :

  • Saai pietersieliesaad op ’n plek in u tuin wat volson kry en waar die grond goed dreineer. Die pietersielieplant is ’n lid van die wortelfamilie, wat beteken dit vorm ’n lang penwortel en hou nie daarvan om verplant te word nie.
  • Week pietersieliesaad vir 24 uur in louwarm water voordat dit gesaai word.
  • Saai die saad 0.5 cm diep en maak seker dit word heeltemal deur grond bedek (dit het donkerte nodig om te ontkiem).
  • Dun die saailinge uit tot ’n afstand van 15-30 cm van mekaar wanneer die plantjies 5 cm hoog is.
  • Hou die grond klam en voed tweeweekliks met 2:3:2.

Gebruike :

  • Pietersielie is ’n kragtige immuunversterker: dit is ryk aan kankerbevegtende anti-oksidante, foliensuur, vitamien C en vitamien A.
  • Die vars, effens peperige smaak van pietersielie kombineer baie goed met aartappel- en rysgeregte. Dit kan ook in slaaie en op toebroodjies gebruik word.
  • Italiaanse pietersielie is ’n noodsaaklike bestanddeel van die Midde-Oosterse slaai tabbouleh, wat gemaak word van droë, gekraakte koring (“bulgur wheat”), gekapte tamaties, ment, uie, knoffel en Italiaanse pietersielie ….

      Shop online

      divider