Kruie – Pietersielie

divider

Kitchen gardening

Pietersielie

Pietersielie is een van die veelsydigste kruisoorte wat u kan kweek. Dit gee ’n wonderlike geur aan verskeie geregte en het ’n hele klomp helende eienskappe. Die Antieke Grieke moes geweet het dié nederige krui is spesiaal – hulle het kranse van pietersielie gebruik om die wenners van groot sportgeleenthede te kroon.

Plantwenke :

  • Pietersielie is ’n geharde kruisoort wat die beste sal vaar op sonnige of halfskadu-plekke in u tuin. Dit kan ook in potte gekweek word, mits die pot minstens 30 cm diep is.
  • Verryk die grond met kompos om te verseker dat dit ryk is en goed dreineer. Potte moet gevul word met potplantgrond van ’n goeie gehalte.
  • Pietersielie vat lank om van saad te groei, koop dus eerder saailinge en plant dit direk in u tuin. Deur elke vier maande ’n nuwe aanplanting te doen, sal u verseker dat u voortdurend voorraad vir u huis en kombuis het.
  • Wanneer pietersielie geoes word, pluk die buitenste blare wat die naaste aan die grond is. Verwyder en gooi enige geel blare of blomme weg.
  • As u hele pietersielieplant geel word, is dit waarskynlik dors of ondervoed. Gee water of voed met ’n gebalanseerde kunsmis om ’n gesonde plant te verseker.

Gebruike :

  • Pietersielie gee ’n heerlike geur aan sop, visgeregte en aartappelslaai.
  • Pietersielie is ’n uitstekende bron van vitamien A en C, dus is dit ’n wonderlike krui om byderhand te hê vir die winterverkoues en griep wat gaan kom.
  • Pietersielie is ’n natuurlike urinedrywer en is dus ideaal om opgeblaasdheid ná ’n groot ete of van die simptome van PMS te verlig.
  • Pietersielie is regtig goed as ’n mondverfrisser – dit is baie beter as die meeste gekoopte ment om die reuk van knoffel te verdoesel!

Shop online

divider