Kruie – Pietersielie
Kitchen gardening
Pietersielie
Pietersielie is een van die veelsydigste kruisoorte wat u kan kweek. Dit gee ’n wonderlike geur aan verskeie geregte en het ’n hele klomp helende eienskappe. Die Antieke Grieke moes geweet het dié nederige krui is spesiaal – hulle het kranse van pietersielie gebruik om die wenners van groot sportgeleenthede te kroon.
Plantwenke :
- Pietersielie is ’n geharde kruisoort wat die beste sal vaar op sonnige of halfskadu-plekke in u tuin. Dit kan ook in potte gekweek word, mits die pot minstens 30 cm diep is.
 - Verryk die grond met kompos om te verseker dat dit ryk is en goed dreineer. Potte moet gevul word met potplantgrond van ’n goeie gehalte.
 - Pietersielie vat lank om van saad te groei, koop dus eerder saailinge en plant dit direk in u tuin. Deur elke vier maande ’n nuwe aanplanting te doen, sal u verseker dat u voortdurend voorraad vir u huis en kombuis het.
 - Wanneer pietersielie geoes word, pluk die buitenste blare wat die naaste aan die grond is. Verwyder en gooi enige geel blare of blomme weg.
 - As u hele pietersielieplant geel word, is dit waarskynlik dors of ondervoed. Gee water of voed met ’n gebalanseerde kunsmis om ’n gesonde plant te verseker.
 
Gebruike :
- Pietersielie gee ’n heerlike geur aan sop, visgeregte en aartappelslaai.
 - Pietersielie is ’n uitstekende bron van vitamien A en C, dus is dit ’n wonderlike krui om byderhand te hê vir die winterverkoues en griep wat gaan kom.
 - Pietersielie is ’n natuurlike urinedrywer en is dus ideaal om opgeblaasdheid ná ’n groot ete of van die simptome van PMS te verlig.
 - Pietersielie is regtig goed as ’n mondverfrisser – dit is baie beter as die meeste gekoopte ment om die reuk van knoffel te verdoesel!
 
You might also like
Shop online
- 
TASTY HAY 2KG
- R229.99
 - Add to cart Learn More
 
 - 
- Sale!
 EUKANUBA CHICKEN SMALL BREED ADULT 9KG
- Original price was: R943.99.R849.59Current price is: R849.59.
 - Add to cart Learn More
 
 - 
- Sale!
 ROSE & SHRUB MIX 30DM
- Original price was: R59.99.R44.99Current price is: R44.99.
 - Add to cart Learn More
 
 - 
- Sale!
 SENIOR AGEING +12 4KG
- Original price was: R793.99.R714.59Current price is: R714.59.
 - Add to cart Learn More
 
 



