Kruie – Koljander

divider

Kitchen gardening

Koljander

Koljander is ’n hoofbestanddeel in die Indiese en Thaise kookkuns. Die blare (wat soms cilantro of dhania genoem word), sowel as die sade word gebruik om smaak aan kerriegeregte, souse en slaaie te gee. Koljander is ’n jaarplant en skiet baie gou saad, plant dus liefs klein hoeveelhede van dié kruiesoort met gereelde tussenposes.

Plantwenke :

  • Kies ’n sonnige plek en maak seker dat die grond goed dreineer. Koljander kan ook binnenshuis op ’n vensterbank gekweek word, mits daar genoeg lig is.
  • Koljander wil nie verplant word nie, maak dus seker u plant of saai dit van die begin af op die regte plek.
  • Pluk die blare dikwels om te keer dat blomme en saad te gou vorm. Wanneer die blare dun en veeragtig raak, is dit ’n teken dat blomme aan die kom is.
  • Wag dat die saad ryp word (dit sal onaangenaam ruik totdat dit ryp is) en oes dit dan om in kos te gebruik of weer te saai vir ’n nuwe oes.
  • Sekere variëteite is meer geskik vir die ontwikkeling van blare en saad. Vir blare, probeer die variëteite Cilantro en Leisure. Vir saad, probeer Marokkaanse koljander.

Gebruike :

  • Bedien vars koljanderblare met Indiese en Thaise kerriegeregte of tortillas. Gebruik die saad in kerriegeregte en ingemaakte groente.
  • Koljander word gebruik as verteringshulpmiddel by ajoervediese medisyne en verlig na bewering die opbou van gas in die ingewande.
  • ‘n Pasta wat van koljandersaad gemaak word, kan direk op die vel aangewend word om rumatiekpyn te verlig en maagsere gesond te maak.

Shop online

divider