Kruie – Knoffel

divider

Kitchen gardening

Knoffel

Die herfs is die ideale tyd om die natuur se kragtigste medisyne te plant. Die nederige knoffelbol het hope eienskappe wat immuniteit versterk; dit verlaag onder meer bloeddruk en cholesterol en verminder bloedklontvorming. Knoffel help ook met die behandeling van verkoue en griep, voetskimmel, aknee, oorpyn en selfs mangelontsteking! Eet knoffel gereeld dié winter en u hoef dalk glad nie naby u medisynekassie te kom nie.

Plantwenke :

  • Vir die beste resultate, kweek knoffel op ’n sonnige plek met grond wat goed dreineer.
  • Plant knoffelhuisies afsonderlik, regop na bo, ongeveer 3 cm onder grondvlak.
  • Huisies moet 10 cm uit mekaar in rye wat 45 cm van mekaar is, geplant word.
  • Knoffel is ’n baie goeie metgeselplant en groei goed saam met rose, komkommers, ertjies, slaai en seldery.
  • Knoffel is gereed om geoes te word wanneer die blare bruin word en begin terugsterf. Nadat die knoffelbolle geoes is, maak dit goed droog (hang dit onderstebo op ’n droë plek) om te verhoed dat dit verrot.

Gebruike :

  • Knoffel is ’n belangrike bestanddeel in kookkuns die wêreld oor, ook die Mediterreense, Thaise, Franse, Indiese en Noord-Afrikaanse kookkuns.
  • Kombineer knoffel met eiers en olyfolie om aioli (’n knoffelmayonnaise) te maak. Of meng knoffel, natuurlike jogurt en komkommer vir die maak van tzatsiki, ’n tradisionele Griekse doopsous.
  • Knoffel het kragtige eienskappe vir die beskerming van die hart. Daar is bewys dat dit cholesterol en bloeddruk verlaag en dit is ’n ryk bron van Vitamien B6.

Het u geweet? – Knoffelbolle wat in die grond gelos word, sal weer uitloop en daardie blare kan as grasuie gebruik word.

Shop online

divider