Kruie – Origanum

divider

Kitchen gardening

Origanum

Origanum is ’n meerjarige krui wat inheems aan Europa, die Mediterreense gebied en Asië is. Die woord origanum kom van twee Griekse woorde wat “berg” en “om behae te skep in” beteken. Origanum groei van 20-80 cm hoog en dra massas pienk-pers blomme in die lente en somer. Dit het gewild geraak in Amerika as die “pizza-krui” toe soldate van die Tweede Wêreldoorlog dit uit Italië teruggebring het.

Plantwenke :

  • Plant origanum in volson, in grond wat goed dreineer en nie deurweek bly nadat natgelei is nie.
  • Voeg organiese kunsmis by die grond wanneer geplant word. Daarna hoef u nie weer die plant te voed nie – dit is ’n geharde krui.
  • Origanum moet een keer per week in die somer natgelei word as daar geen reën is nie. Maak seker die grond droog uit tussenin. Baie soorte origanum verkies droë grond.

Gebruike :

  • Origanum word op groot skaal gebruik in die Griekse en Italiaanse kookkuns. Dit word ingespan om souse, slaaie, lamsvleis, vis en pastageregte te geur.
  • Origanum is een van die min kruisoorte waarvan die geur versterk wanneer dit gedroog word. Pluk vars origanum in u tuin en hang bosse onderstebo op om uit te droog. Voeg die gedroogde blaartjies by u pizza vir daardie smaak van ‘in Italië gemaak’.
  • Origanum is een van die doeltreffendste kruie-antiseptiese middels vanweë die hoë timol-inhoud. Hippokrates, die vader van moderne geneeskunde, het origanum as ’n antiseptiese middel gebruik, asook om maag- en asemhalingskwale te behandel.

Shop online

divider