Kruie – Dille

divider

Kitchen gardening

Kruie – Dille

Dille is baie gewild in Griekse en Skandinawiese kookkuns en gee ’n heerlike geur aan somersoppe en slaaie. Dit is ’n jaarplant, maar saai dit maklik self en as dit eers eenkeer geplant is, sal u ’n voortdurende voorraad in die komende jare hê.

Plantwenke :

  • Kies ’n sonnige plek en maak seker die grond dreineer goed. Dille kan ook in ’n pot gekweek word, mits dit diep genoeg is om dié kruisoort se lang penwortel te huisves.
  • Dille hou nie daarvan om verplant te word nie, maak dus seker u plant of saai dit van die begin af op die regte plek.
  • Om die groeiseisoen te verleng, knyp die groeipunte uit om te voorkom dat die geel blommetjies en saad vorm.
  • Moenie dille naby vinkel plant nie – die twee kruisoorte kruisbestuif, wat tot gemengde geure lei.

Gebruike :

  • Dille kom van die Noorse woord “dilla”, wat na sus oorgaan omdat geglo word dilletee help teen slaaploosheid.
  • Dille werk baie goed in souse met ’n jogurt- en suurroombasis.
  • Dille word ook gebruik om visgeregte soos gravlax en forel te geur.