Kikker Skadu onder bome op

divider

DIY and how-to

Kikker Skadu onder bome op

Daar natuurlik nie altyd onder groot bome te plant nie. Hulle is mos darem in die eerste plek daar juis vir die skaduwee wat hulle verskaf. Jy kan egter nog steeds ‘n mooi fokuspunt skep deur die verpotte plante en yl grasperk onder hulle te verwyder en dan ‘n mooi, ornamentele deklaag van boombas of klipgruis te gooi en dit netjies te omlyn met houtpale, kitsbeddingrande of selfs spoorwegstawe om die deklaag in posisie te hou. Plaas ‘n mooi tuinbankie onder jou boom en hang daar naby aan ‘n stewige tak ‘n voerbak vir die voëltjies.

‘n Paar mooi klipbakke vol water of selfs ‘n mooi voëlbadjie rond die prentjie af. Nog ‘n maklike manier om tuin onder groot bome te maak, is deur ‘n versameling plantpotte met mooi, skaduliefhebbende plante daarin onder die bome te plaas. Nou kan jy na hartelus tuinmaak met die wete dat jou plante in goeie potgrond kan groei en dat die water en voedingstowwe wat jy gaan toedien, nie deur die boom se wortels verorber sal word nie.

Tussen die potte kan jy spoelklippe plaas en ook ‘n mooi, losstaande waterornament of standbeeldjie. Onthou dat skaduplante in die algemeen van baie water hou. Hoewel verdamping nie so vinnig daar plaasvind soos in ‘nsonnige bedding nie, sal dit raadsaam wees om te sorg vir ‘n besproeiingstelsel met spaghetti-pypies na elke pot. Plant potte vol azaleas (Rhododendron Nuccio’s carnival) – die koninging van al die winterblommers – in jou potte onder skadubome. Om die donkerte van die skadu op te kicker, kan jy struike kies in ‘n bonte verskeidenheid met helder skakerings soos krismisrose vir groot balies of azaleas, katjiepierings, kamelias, Japannese louriere (Aucuba japonica) en Philodendron selloum. Wit en pienk lyk veral mooi in diep skaduwee. As bonus kan die volgende jaarplante, wat ook goed in potte aar, gebruik word: akelei, wasbegonias, feetjieprimula, cineraria, vingerhoedjies, massas impatiens en vergeet-my-nietjies (myosotis) vir ‘n bietjie blou.

Blitswenke

Koel, vogtige, skadutuine moedig soms ook swamsiektes ena nder probleme aan, partykeer as gevolg van swak lugsirkulasie, weens plante wat te na aan mekaar groei, asook humiditeit. Wees maar op die uitkyk vir roeskolle op die blare, poeieragtige meeldou en in die warm maande rooispinnekop en kwaai besmetting van witvlieg.

Mosse en alge is ook geneig om in sulke klam toestande oor te neem, veral op die oppervlakke van wandelpaadjies en plaveisel. Skrop maar glyerige gebiede skoonmet ‘n kopersulfaatoplossing.

Onthou dat oggendson en namiddagskaduwee die meeste plante goed pas as jy dalk onseker is oor plantkeuses vir verskillende tipes skadukolle in die tuin.

Shop online

divider