Kikker Skadu Kole Op

divider

DIY and how-to

Kikker Skadu Kole Op

Dis nou die tyd om deeglik te beplan.

Mense sal seker dink ek is taamlik kens om hier, amper in die middle van die winter, te wil gesels oor skaduwee en skadutuine. Dit is mos juis jou dat ons elke moontlike sonkolletjie, hoe flou ook al, gaan opsoek vir ‘n bietjie warm behaaglikheid, en juid koue, donker skadukolle wil vermy. Maar daar is ‘n edele motief hieragter, want ‘n tuinier wat die vrugte van syversiendheid en arbeid wil pluk, moet vooraf beplan en werk. Dit is juis nou die beste tyd om voor te berei en te plant sodat wanneer die warm maande kom en die bakkende son ons onder die bome instuur, ons darme reeds ‘n mooi deel aangeplant het, waar ons behaaglik kan agteroorsit en ontspan. Plant onder bome en die maak van ‘n mooi skadutuin is maklik met die regte plantkeuses en ‘n paar slim oplossings.

Daar is verskillende tipes tuinskaduwee:

Die skaduwee aan die suidekant van die huis;

Skaduwee wat veroorsaak word deur geboue wat naby mekaar gebou is en gewoonlik koue, klam en donker plekke met min lugsirkulasie is;

Droë skaduwe onder baie groot bome waar digte en oorhangende takke water van die grond af weghou en waar die bome se groot wortelstelsels meeding met beskikbare water en voedingstowwe; en
Afgesonderde, koel en klam skaduwee waar omliggende struike en kleiner boompies die grondvlak oorskadu en ‘n skemeragtige woudeffek meebring met baie vogtige grond.

In die skadu van die huis :

Aan die suidekant vandie huis droog die grond gewoonlik nie so vinnig uit as gevolg van verdamping nie. As daar nie groot bome teenaan die huis geplant is wat gulsig water en voiding van ander plante afneem nie, is daar weinig meer te doen as baie goeie grondvoorbereiding met ryk kompos en goed verouderde kraalmis.

Goeie dreinering is egter belangrik en as daar baie nat gedeeltes is, moet die water na ‘n laer deel van die tuin weggelei word. Kyk veral na die aflooppype van die huis se geute. Dit is nogal opvallend by nuwe huise, veral meenthuisekomplekse, dat daar nie voorsiening gemaak word vir die weglei van water nie. Daar sal met ‘n hewige reënbui ‘n geweldige stroom water uit so ‘n afleipyp stroom. Dit sal alles op jou nuwe plante val en die hele bedding opdi eou end in ‘n morsige moeras verander, en ditnogal aan die skadukant van die huis! Wie weet, dit is iskien een van die redes waarom jou duur impatiens-plantjies nog tot diep in ‘n somerseisoen bly vrot!

Wonderlike kleur vir die ‘donker’ kant van die huis!

Plant elke jaar massas impatiens in pragtige kleurskakerings. Dit verloor ‘n bietjie stoom in die nat wintermaande, veral in Julie en Augustus. Maar as dit goed gesnoei word en genoeg kunsmis soos die stadig vrystellende 3:1:5 toegedien word, sal jou impatiens gou weer vol in die blom staan en geil groei in diep skaduwee en selfs daar waar die sonnetjie hulle so effens kan raps, mits hulle baie water kry wanneer dit droog en warm is. Hou maar dop vir slake en wurms as hlle in jou tuin kuier, andersins geen fieterjasies nie – geniet net die massas kleur.

Blitswenk teen ‘reën-skaduwee’:

Ons maak beddings aand ie suidekant (of ander kante) teenaan die huis en vergeet partykeer dat die oorhang van die huis se dak keer dat reën in die wintermaande daar val wanneer die besproeiingstelsel afgeskakel is of wanneer die tuin nie so gereeld natgelei word nie. Onthou maar om so af en toe te kyk of die agterste plante in die bedding wel water gekry het, al het dit baie goed gereën.

Shop online

divider