Hou Snyblomme Langer Vars
DIY and how-to
Hou Snyblomme Langer Vars
Hier is tien wenke om u snyblomme langer vars te hou :
- Verwyder al die blare wat onder die water gaan wees.
 - Sny die stingels sowat 3cm korter voordat jy die blomme in water plaas.
 - Vir beter waterabsorpsie moet die stingel teen ‘n skuinste geknip word. Dit geld veral vir rose.
 - Vervang die water al om die ander dag.
 - Spoel die houer vooraf deeglik uit met ‘n mengsel van bleikmiddel en water.
 - Gebruik blomvoeding indien moontlik.
 - Wanneer die water vervang word, onthou om weer blomvoeding by te voeg.
 - Meng suiker, bleikmiddel en wit asyn en voeg dit by die water. Dit dien as goeie voeding en preserveermiddel.
 - Moenie die blomme in direkte sonlig plaas of aan lugversorging en sigaretrook blootstel nie.
 - Die krom stele van rose en tulpe kan reguit gemaak word deur dit van bo na onder in papier toe te draai en regop in diep water te plaas.
 



