Geurige Grasangeliere

divider

DIY and how-to

A close up of flowers with frilly white and red petals against green leaves and stalks.

Geurige Grasangeliere

Grasangeliere is waarlik blomme vir alle seisoene – dit kan in die lente, somer en herfs gesaai word en blom reeds 12 weke nadat dit gesaai is. Dié geharde jaarplante is vroeër “pinks” genoem weens die “getande” rand van die blomme (wat lyk soos ’n rand wat met ’n tandjieskêr geknip is).

Die naam kon ook daarop gedui het dat grasangeliere aanvanklik net te kry was in verskillende pienk skakerings, maar sedertdien het die kleurreeks uitgebrei en sluit ook wit, geel en rooi in. Grasangeliere word omtrent 15 cm hoog en vorm bosse delikate blomme met vyf blomblare elk, wat enkel of dubbel kan wees. Die kompakte groeiwyse maak dit ideaal vir randakkers en houers.

Plantwenke :

  • Saai grasangeliere op ’n sonnige plek in grond waarin heelwat kompos gewerk is (as die grond suurderig is, behandel dit met landboukalk).
  • Grasangeliere is redelik gehard en kan dus ook in rotstuine gesaai word.
  • Plant saailinge 15 cm van mekaar en voeg ’n ruim deklaag by die grond.
  • Grasangeliere sal gedy as u hulle een keer elke twee weke met ’n goed gebalanseerde kunsmis voed.