Clivias – trots Suid-Afrikaanse skatte

divider

Indigenous and fynbos

Clivias – trots Suid-Afrikaanse skatte

Clivias is trots Suid-Afrikaanse skatte wat gewild is by tuiniers die wêreld oor. In 2006 is een clivia-plant wat ‘Charl’s Green’ genoem word, verkoop vir R36 000, terwyl ’n Chinese kweker in 2009 sy breëblaar-clivia op eBay vir $2.9 miljoen geadverteer het.

Gelukkig het ons variëteite van dié inheemse struik wat baie meer bekostigbaar is, beskikbaar by ons takke.

Hier is ’n paar groeiwenke om u clivias goed aan die groei te kry:

  • Clivias groei goed in houers en tuinbeddings.
  • As u dit in houers gaan kweek, sit dit op ’n plek waar goeie lig is, maar nie direkte sonlig nie. Gebruik potplantgrond wat met baie bas en blaargrond verryk is. Gee hulle in die somer een keer per week water en een keer elke drie weke in die winter.
  • As u dit in u tuinbeddings plant, spit baie blare en kompos by die grond in voordat u plant. Hulle groei die beste in spikkelskadu, plant dit dus onder immergroen bome of struike, aangesien die clivia se blare kan brand wanneer bladwisselende bome hul blare in die winter verloor.
  • Voed u clivias met 3:1:5 vroeg in Augustus en weer in die herfs.
  • Die belangrikste peste wat clivias aanval, is die lelieboorinsek en slakke. Beheer die lelieboorinsek deur die plante te bespuit (moet nie vergeet om ook onder die blare te spuit nie) met Ludwigs Insect Spray of Margaret Roberts Biological Caterpillar Insecticide. Stuit slakke met organiese slakaas (soos Ferramol of Snail-Gone) wat u om u clivia-plante strooi.

Shop online

divider