Binnenshuise Plante maak die Lug Skoon

divider

Indoor plant tips

Interior space filled with hanging planters and trailing vines, creating an urban jungle aesthetic with lush greenery and natural textures.

Binnenshuise Plante maak die Lug Skoon

Huisplante is ’n wonderlike toevoeging tot u huis. Dit kan op tafels gebruik word, as bykomstighede in die woonkamer of as vensterversierings. Daarby is huisplante ook nuttig om koolsuurgas (en ander onsuiwerhede) op te neem en in suurstof om te sit. Gewone huisplante kan ook die lug suiwer en selfs chemikalieë soos formaldehied, ammoniak en bensien uit die lug opneem. Huisplante verminder ook die aantal mikrobes in die lug.

Hier is 10 algemene huisplante wat u huis kan versier en binnenshuise besoedeling opklaar :

  • Krisante verwyder die gevaarlike verbinding bensien uit die lug.
  • Aalwyn is veral bekend vir sy vermoë om brandplekke koel te maak en te streel, maar dit is ook doeltreffend om formaldehied uit die lug te verwyder.
  • Bostonvarings is die doeltreffendste huisplante vir die verwydering van formaldehied. Dit is ook goed vir die verwydering van swaar metale soos kwik en arseen.
  • Areca-palmbome is die beste algemene lugsuiwerende plant beskikbaar, volgens navorsing deur NASA. Dit is ook baie goeie lugbevogtigers.
  • Rubberplante bevogtig, skakel bio-afvalstowwe en vlugtige organiese verbindings uit en onderdruk selfs mikro-organismes in die lug. En die beste van alles is dat hul suiweringseienskappe in werklikheid met die tyd verbeter weens spesiale bakterieë in die blare wat mikro-organismes “eet”.
  • Seilbootjies is nie net maklik om te versorg nie, hulle is ook wonderlike algemene lugsuiweraars.
  • Spinnekopplante, algemeen bekend as hen­-en-kuikens, is wonderlik om koolsuurgas en stikstofdioksied uit die lug te verwyder, sodat die vlakke ná net 24 uur op byna nul is.
  • Skoonma-se-tong verwyder gifstowwe uit die lug en groei ook waar ander plante nie aard nie, van warm vensterbanke tot donker plekke.
  • “Lady palms” kan in baie verskillende toestande groei en is baie insekbestand. Hulle is ook goeie algemene lugsuiweraars.
  • Bamboespalms is hoogaangeskryf by NASA vir algemene lugsuiwering en verwyder veral formaldehied. Hulle het egter baie ruimte nodig, sit hulle dus oordeelkundig neer.

Shop online

divider