Beskerm jou Tuin die Winter

divider

DIY and how-to

A stone staircase leads up through an archway of lush greenery and trees in a garden setting.

Beskerm jou Tuin die Winter

Net soos ons ekstra lae klere in die winter aantrek, het jou tuin bietjie ekstra beskerming nodig in die wintermaande, se mnr. Robert Stodel, besturende direkteur van Stodels kwekerye.
In die Wes-Kaap word ons geseën met baie reën in die wintermaande. Die voordeel hieraan is dat jy minder hoef nat te lei. Die nadeel is dat die reën dikwels met slakke en verskeie plantswamme gepaard gaan.

Slakke

Slakke kan ernstig skade aan jou tuin verrig. Die beste raad is om hulle uit te roei voordat hulle kans kry om te begin broei. Natuurlike afweerders soos eierskille en as (van die vorige aand se kaggelvuur) is die beste opsies as jy troeteldiere of klein kinders het. Of besoek jou naaste Stodels tak en vra oor die nuwe reeks nie-giftige organiese afweermiddels.

Rose

Besproei jou rose een keer elke twee weke met ’n algemene roosbehandeling soos Rosecare om die ontwikkeling van plantswamme te verhoed. Kies ’n windstil dag om te besproei.

Waterverskynsels

Waterverskynsels het ook bietjie aandag nodig dié maand. Maak hulle mooi skoon en bedek wateroppervlaktes met ogiesdraad om te keer dat al die hersblare in die water beland. Blare wat op jou grasperk en in jou blombeddings beland kan egter daar bly – hulle dien as goeie grondbekkers en vorm uiteindelik ook kompos.

Grasperke

Gebruik ’n tuinvurk om orals klein gatjies in jou grasperk te druk. Konsentreer veral op areas waar die water maklik omdam. Die gate sal sorg dat jou grasperk beter dreineer. Inspekteer die rante van blombeddings, en sny die gras waar nodig. Sodra jou grasperk ’n blombedding binnegedring het is dit baie moeilik om van die gras ontslae te raak.

Winter bring natuurlik ook die noordwestelike wind. Maak dus seker dat enige jong bome of struike stewig vasgemaak is aan ’n stut. Gebruik ou sykouse om hulle vas te bind – hulle is sagter op jou plante as gewone tou!