Kruie – Echinacea

divider

Flowering plants

Echinacea

Echinacea is inheems aan die vlaktes van Amerika waar dit lank reeds deur die inboorlinge gebruik is om verskeie siektetoestande te behandel. Daaropvolgende navorsing het getoon dat Echinacea ’n kragtige versterker van die immuunstelsel is, met antiseptiese eienskappe en reeds bewys is as ’n hulpmiddel om verkoue en griep te beveg. Saai Echinacea-saad nou en u sal binnekort ’n tuis-apteek in u agtertuin hê.

Plantwenke :

  • Plant Echinacea op ’n sonnige plek in u tuin waar die grond goed dreineer.
  • Voordat u plant, meng baie kompos by die grond in en maak seker daar is nie onkruid in nie.
  • Sorg dat die grond klam bly, maar nie deurweek is nie, totdat die saad ontkiem (dit kan tot 6 weke duur).
  • Echinacea kan ook met sukses binnenshuis gekweek word in potte en wanneer dit warmer word, buite geplaas word.
  • Die wortels, stingels, blare en blomme kan geoes word vir medisinale gebruik.

Gebruike :

  • Echinacea-tee is ’n wonderlike manier om verligting van verkoue, griep, seerkeel en infeksie van die urineweë te verlig.
  • Maak Echinacea-tee deur ’n koppie kookwater oor òf twee teelepels gedroogde Echinacea-plantmateriaal òf ’n kwart koppie vars plantmateriaal te giet.
  • Echinacea is ’n baie mooi kruiesoort wat ’n wonderlike randakkerplant is. Die blomme is ook goeie snyblomme vir die huis.

Shop online

divider